HOME | TOURS | ACCOMMODATION | ADVENTURE | TEAM BUILDING | CORPORATE EVENTS
TOURISM OFFICES | NEWS | WHY SOUTH AFRICA? | GUEST BOOK | AFRIKAANSE REISSTORIES
PHOTO ALBUM | ABOUT US | CONTACT US
4X2 ROUTES

‘n veldry byeenkoms vir 4x2’s & 4x4’s

7 & 8 September 2002

Mans mag wel saam, maar net as raadgewers.

Heelwat vrouens ry gewoonlik maar net saam as die mans met hulle veldrygoed in die natuur gaan uitspan. Hierdie keer gaan hulle egter self die kans kry om die wiel te vat. Mans mag wel saamgaan, maar net om raad te gee en om by die braaivuur vir die soutgoed en slaai te sorg en na die kinders te kyk. Die vrouens sal natuurlik die braaiwerk doen.

Die groot dag is Saterdag, maar wie gaan oorbly kan Sondag op hulle eie die res van Zevenfontein se paaie gaan verken of sommer net in die veld gaan uitspan.

Zevenfontein is goed bekend by ons wat twee jaar gelede die Eksplôr SA 4x2 veldrygroep gestig het. Ons was toe twee maal kort na mekaar daar. Dit is ‘n ideale ryplek vir 4x2’s. Sedertdien het daar ook moeiliker dele vir 4x4’s bygekom.

Ons begin die oggend se bedrywighede by die kampplek, waar ons so ‘n bietjie oor veldrytegnieke en die voertuie gaan gesels. Dan gaan die vroue die geleentheid kry om self deur die veld te ry. Daar is verskeie slote en dongas, steiltes en selfs sand wat hulle sal moet baasraak. Niks is egter so gevaarlik dat hulle die voertuie behoort te beskadig nie. Ons sluit die rit dan met ‘n wynproe by die Agter-Kliphoogte Kelder af.

Die roete is in die Agter-Kliphoogtevallei, sowat 35 km vanaf Robertson geleë. Die veldplante van die omgewing is Karooagtig, maar teen die omliggende berge groei heelwat fynbos. Dit is hierdie tyd van die jaar natuurlik blomtyd en ons behoort heelwat veldblomme te sien. Benewens vir die velddeel gaan ons roete ook tussen wingerde en vrugteboorde deur. Een deel volg die ou Kaapse Wapad wat reeds in die 1700's daarlangs geloop het.

Daar is ‘n beskutte kampplek, waar dié wie langer wil kuier die Saterdagaand kan oorbly. Wie onderdak blyplek soek, kan in van die nabygeleë gastehuise of selfsorgeenhede oorbly.

Ons kan nie meer as 15 voertuie akkommodeer nie. Bespreek dus betyds.

Skakel Braham van Zyl by 082-457-0019 om ‘n besprekingsvorm vir hierdie roete te kry.

ALGEMENE INLIGTING

AFSTAND: Zevenfontein is sowat 35 km vanaf Robertson. Die totale lengte van Saterdag se roete is sowat 17 km.

EKSTRA 4X4 RY OP SONDAG: Die 4x4 ryers kan Sondag die 15 km lange 4x4 roete ook doen. Dit neem gewoonlik so tussen drie tot vier uur om te voltooi.

BESPREKINGSKOSTES: R210 per voertuig vir die naweek.

KAMPERING: Ons slaap Saterdagaand by Zevenfontein se kamp. Daar is nou ‘n warm stort en spoeltoilet. Die kampkoste is R30 per voertuig.

OORNAGHUISE: Rick & Shirley Jenkinsen van die buurplaas, Good Hope, het vier kothuise beskikbaar. Bel hulle by 023 626-3965 vir besprekings. Daar is ook heelwat ander gastehuise en selfsorgeenhede in Robertson se omgewing. Bel my maar net om die lys van plekke te kry.

VOORAF ONTMOETING: Ons kom Saterdagoggend om 08:00 by die Breërivier Shell Ultra City langs die N1 voor Worcester bymekaar, vanwaar ons dan in konvooi na Zevenfontein sal ry.

KOS & WYN: Elkeen sorg vir hom- / haarself. Daar is na die tyd ‘n wynproe by die Agter-Kliphoogte Wynkelder. Bring ekstra geld saam om ook van hulle produkte huis toe te vat.

HOUT: Daar is braaihout by die kampplek. Bring net die braaitoerusting saam.

BETALING: Besprekings word bevestig na die betaling van die deposito. Betaal asb SLEGS R110 / voertuig by my bank in. Die balans moet by die byeenkoms betaal word.

BANK BESONDERHEDE: ABSA Bank, Rekening: "A P van Zyl", nommer 5441-0999

NB: FAKS ASB DIE BETALINGSBEWYS en vrywaringsvorm na (021) 975-4466.

Vir bespreking en meer inligting, kontak Braham van Zyl by selfoon 082-457-0019 of e-pos: braham@explore-sa.com

click to go back to 4X2click to go to top of pageclick to go to home pagecontact us

A special day out in the veld; for ladies only

Robertson’s Zevenfontein Veldry Route

for both 4x2 and 4x4 vehicles

7 & 8 September 2002

Men are allowed to join, but only in a consulting capacity.

Most women at our off-road meetings are only observers and co-drivers and never drive in the veld themselves. Now is the time for them to show that they are also good off-road drivers. Men will be allowed to join us at this meeting, but this will only be in a consulting capacity and to prepare the salads and to look after the kids. The ladies will do the braai after the day’s driving.

Although the official part of the meeting will be on Saturday, you are welcome to stay over to do the rest of the Zevenfontein routes on Sunday.

Those who were involved in the very first Eksplôr SA 4x2 outride in August 2000 will be familiar with some of Zevenfontein’s routes, as this was our first venue. Although the route was initially laid out with 4x2’s in mind, a number of more difficult 4x4 sections were added since then. For the men’s peace of mind, we are only going to do the 4x2 section, but you are welcome to try the 4x4 route on your own on Sunday.

After arriving at Zevenfontein we shall start with a short briefing session about the vehicles and what off-road driving is about. Thereafter the ladies will take the wheel and show us what they can do. There are a variety of natural as well as man made obstacles along the way, but none of them will damage the cars, if you stick to the rules of the game.

The route is situated in the Agter-Kliphoogte Valley in the Robertson district. The area’s plant life is Karoo-like, but you will also find a wide variety of Fynbos plants on the surrounding mountain slopes. It will be springtime during our visit and one can expect to see a beautiful display of flowers.

Our route of the day goes past orchards and vineyards, as well as through well preserved natural veld. Some of the tracks follow the historic Cape Wagon Road, which used to be the main route between the Hottentots-Holland area and the Breede River Valley during the mid-1700’s.

Those who want to stay longer can join us at Zevenfontein’s sheltered campsite, while those who want something more comfortable can stay over at a neighbouring farm’s guest cottages.

We can only accommodate 15 vehicles for the day. Please book in time.

Phone Braham van Zyl at 082-457-0019 to do your booking.

GENERAL INFORMATION

DISTANCES: Zevenfontein is about 35 km from Robertson. Saturday’s trail is about 17 km long.

EXTRA 4X4 ON SUNDAY: 4x4 drivers can do the 15 km long 4x4 section on their own on Sunday. It will take them between three to four hours to complete.

BOOKING FEES: R210 / vehicle, covering trail- and guiding fee.

CAMPING: Those who want to stay over for Saturday night can join us at Zevenfontein’s campsite at R30 / vehicle. A hot shower and flush toilet is available.

GUEST HOUSES & COTTAGES: Rick & Shirley Jenkinsen of the neighbouring Good Hope Farm offers four cottages to those who would like more comfort. Phone them at 023 626-3965 to book. A list of Robertson’s places of accommodation is also available on request. Phone me on 082-457-0019 if you need more information.

RENDEZVOUS POINT: 08:00 Saturday morning at the Breede River Shell Ultra City outside Worcester, from where we shall drive in convoy to Zevenfontein.

FOOD & WINE: It is a self-catering week-end. Saturday’s drive will end with a wine tasting at the Agter-Kliphoogte Cellar, where you will be able to purchase some of their products as well. The day visitors who want to stay longer can join us afterwards for a braai at the campsite.

WOOD: There is braai wood available at the campsite.

PAYMENT: Bookings will only be confirmed after the payment of a deposit. Pay ONLY R110 / vehicle as deposit into our bank account . The balance must be paid at the meeting.

BANK DETAILS: ABSA Bank, Account: "A P van Zyl", number 5441-0999

Fax your deposit slip as well as the indemnity form to (021) 975-4466.

FOR BOOKINGS, contact Braham van Zyl at tel (021) 975-6531 or send e-mail to info@explore-sa.com

click to go back to 4X2click to go to top of pageclick to go to home pagecontact us

Reports on past outings

Selection of vehicles

deur Pieter Conradie

Baanbrekerswerk is deur Braham van Zyl en Derik Prins gedoen met die uitleg en bekendstelling van die Zewefontein 4x2 roete in die Agterkliphoogte vallei in Robertson se distrik. Die opening van die roete op 2 September 2000 het groot belangstelling gelok. Selfs MotorBurger het die vorige Donderdag vier spesiale blaaie oor hierdie “nuwe” sportsoort gepubliseer.

Braham het sy idee om ook roetes vir ligter 4x4's en bakkies met ewenaarslotte te skep ‘n ruk terug met Derik gedeel. Derik het lank reeds ‘n idee gehad om ‘n 4X4 roete daar by hulle te open en hierdie geselsie met Braham was net waarvoor hy gewag het. Hy het dadelik begin om 'n roete oor sy plaas uit te lê. Die raad van 'n 4x4-klub is ingewin en die roete is geklassifiseer as 'n 1 tot 2 gradering.

Derik is trots op sy plan om ou vergete plaaspaadjies skoon te maak deur slegs ‘n groot buiteband agter 'n trekker te sleep en sodoende die ouer, harder renosterbossies plat te sleep, terwyl die jonger sagter bossies bly staan om die grond te bind. Op hierdie manier word die omgewing minimaal versteur. Een deel van die roete volg hoeka die ou Kaapse wapad wat van McGregor af oor die berge na Villiersdorp se kant geloop het.

Daar was ‘n wye verskeidenheid voertuie vir die opening teenwoordig.  Ek was daar met 'n Honda CRV om te kyk hoe só ‘n kleiner 4X4 op Sewefontein se roete sou vaar. Ander voertuie wat daar teenwoordig was, was die hoër geboude Toyotas en Colts en Izuzu en Nissan se effens lae bakkies. Braham het met ‘n omboude Toyota HiAce bussie daar opgedaag, en dié het, behalwe vir die sand, oral deurgekom, tot selfs waar van die ander bakkies vasgehaak het.

Negotiating the water

Ons is gelei deur oom Danie de Wet, ‘n plaaslike boer wie ons op die hoogte gehou het van wat alles daar by hulle in die vallei gedoen word. Hy het natuurlik in sy splinternuwe 4x4 Colt voor gery, maar belowe dat hy die heeltyd net in 4x2 sou ry. Dit is tog net jammer dat hy nie ook saam met die ander deur die moddergat wou ry nie. Waar hy rustig deur dongas kon ry, het heelwat van die minder ervare bestuurders se voertuie vasgesteek. Hier was dit groot pret om te help raad gee en soms te stoot ook!

Die roete gee 'n mooi beeld van die veld en daar is pragtige vergesigte oor die Agterkliphoogte vallei van die hoogtes af. Op een plek stap die besoekers 'n ent die bergkloof in tot by 'n opgaardam vanwaar hulle kan uitkyk oor die berge met hulle pragtige rotsformasies.

Stuck in the sand

'n Hoogtepunt vir almal, was die uittoets van die voertuie in 'n sandgat, waar net oom Danie nie vasgeval het nie! Tot groot vermaak van die vrouegeselskap moes die mans omtrent stoot om elke voertuig uit te kry, terwyl daar luidkeels raad geskreeu was vir die bestuurders. Braham het so deeglik gaan vasgeval dat hy genoeg geleentheid gekry het om sy wonderlike hooglig domkrag te kon demonstreer, ook te midde van baie advies! Die rede vir die vasvallery; niemand wou bande afblaas nie, want ons ouens het mos nog nie daardie wonderlike pompe wat die 4X4 manne het om na die tyd weer lug in die bande te kry nie.

Die groep was bevoorreg om na die tyd saam met Derik en sy gesin in 'n beskutte bos te kon braai waar die dag se wedervaringe goed deurgesels is.

Die platteland is deur hierdie uitstappie oop gemaak vir mense wat gewoonweg net op groot paaie hou. Die ontdekking van die Agterkliphoogte kelder, waar ons heerlike wyne geproe en teen uiters billike pryse kon koop, was miskien een van die grootste verrassings van die dag. 'n Mens kan net vertrou dat die besoek van die 4x2 groep ook vir die lieflike boeremense positief was, sodat nog stadsjapies so 'n voorreg mag smaak.

Negotiating a decline at Sewefontein

Ons het die Saterdagaand na die byeenkoms by “Green Gables” te McGregor oorgeslaap, en wat ‘n lekker ervaring was dit nie! Die kos is uit die boonste rakke en die plek mooi uit die ou tyd. Die gasheer en gasvrou het baie moeite gedoen om ons kuier persoonlik en warm te maak. Teen R130 / persoon vir bed en ontbyt is dit ‘n winskoop. Die volgende dag het ons via Stormsvlei na Greyton gegaan vir ‘n heerlike middagete by die Post House. Dit was ‘n pragtige pragtige pad daarheen, met die mooiste groen velde en helder geel canola lande oral om ons! Met sneeu op die berge en die nat, modderige pad, was dit die soort van terrein waarna ons en ons Honda CR-V lankal verlang het.

Besprekings vir die Zewefontein roete kan gedoen word by tel (021) 975-6531. ‘n Minimum van twee voertuie word toegelaat, omdat daar verskeie plekke is waar daar hulp nodig mag wees om deur te kom. Wie langer wil kuier, kan natuurlik oorbly. Ons het hoeka dié dag net die helfte van Zewefontein se roetes kon doen. Op Zewefontein is ‘n boskamp met koue sort en putlatrine, terwyl daar selfsorg huisies op naburige plase beskikbaar is.

Beste Braham,

Daar is Saterdagaand na die Zewenfontein 4X2 rit baie gesels op pad huis toe. Gister en vanoggend was daar heelwat herlewinge/ nabetragtings opgediep, en gaan daar vorentoe nog baie gesels en herlewing wees.

Julle roete en die aanbieding daarvan het ons stoutste verwagtings oortref. Ek wou nog altyd my bakkie op 'n ordentlike manier gaan knoop, en nou sien ek uit na die volgende keer. Jou leiding en hantering van die groep tesame met oom Danie en Derik se gasvryheid het ons maar net weer laat besef ons is deel van 'n wonderlike ou volkie en land, waar ons ons eie besonderse en unieke mense en natuur kan.

Nou. 'n Ander uitstaande kenmerk was ook die gewilligheid om mekaar te help wanneer daar 'n probleem was. Ook die goedige gespottery onder die klomp vreemdes het die atmosfeer gou-gou in 'n groep wat wou saam kuier verander.

Van die os op die jas, ek het nou gister eers weer goed onder die Nissan gaan lê en gaan kyk waarmee ek gelukkig is en wat nie. Ook al my statistieke en eienskappe. Die nuwe 4x2 Colt en Toyota modelle het eers so drie maande na ek my Nissan gekoop het uitgekom. Die verskil in vryhoogte asook die "departure/approach" hoeke verskil aansienlik van myne. Colt en Toyota het dit dieselfde gehou vir hulle 4x4 en 4x2's waar Nissan en Isuzu se 4x2's laer is met laer hoeke as hul 4x4 maatjies. Ek het vanoggend 'n epos vir Nissan gestuur om te hoor wat kan gedoen word. Ek het 'n 100,000 km / 5 jaar onderhoudsplan tesame met my waarborg uitgeneem en wil nie sommer enige modifikasies laat aanbring sonder hul goedkeuring nie. Dan wil ek ook van daardie bande wat nie "balloon" as mens hul afblaas nie, ontslae raak.

Groete en weereens baie dankie, dit was heerlik!

Eddie Lambrechts

Hi Braham

Just a quick note of thanks for a great day on the Zevenfontein route. It was thrilling being part of the 4x2 inauguration!

Since getting the 4x2, I’ve been looking for an opportunity to go play with some friends, and some folk with similar vehicles. One does not want to go into serious bush with a fairly new bakkie. One does not want to travel to a 4x4 venue, only to discover that the 4x2 cannot make it. One also does not want to embarrass oneself by going on a 4x4 outing, and then have to be pulled out of trouble and irritate the 4x4 folk. Imagine my excitement when I saw your advert in Die Burger for a 4x2 outing!

Some of the highlights:

Breakfast at Rawsonville’s Kelkiewijn; good thing Cois opened the pub for a wake-em-up-em, and I’m looking forward to when he gets the 4x2 route going there. The visit to Agterkliphoogte Cellar; very good sweet, I think it was a Jeripico. And not a bad red, especially the second bottle around the fire that evening!

The route over the mountain I thought was just right. A bit of a test, but nothing to kill the bakkies (or the Tupperware! – read C-RV)

Lots of fun playing in the sand pit - and the Tupperware was the only one to (almost) get through. Will have to practice a bit before the next trip, and remember to take my pump.

The walk up the kloof and hearing from oom Danie about the pieknieks they’ve had there. Always amazing finding such beautiful rock pools in a rugged, dry mountain area.

The braai the evening, and the opportunity to compare notes about the day, and chat some more to Derik and oom Danie about the goings on in the Agterkliphoogte area.

Just one thing - did you HAVE to publish a picture of MY bakkie stuck in the sand? (At least one cannot see the registration number - I’d never live it down.) As I said - I’m practicing for next time!

Thanks again, doen so voort en groetnis tot volgende keer.

Merryck Snyman

Hi Braham

Just a quick note of thanks for a great day on the Sewefontein route. It was thrilling being part of the 4x2 inauguration!

Since getting the 4x2, I've been looking for an opportunity to go play with some friends, and some folk with similar vehicles. One does not want to go into serious bush with a fairly new bakkie. One does not want to travel to a 4x4 venue, only to discover that the 4x2 cannot make it. One also does not want to embarrass oneself by going on a 4x4 outing, and then have to be pulled out of trouble and irritate the 4x4 folk. Imagine my excitement when I saw your advert in Die Burger for a 4x2 outing!

Some of the highlights:

Breakfast at Kelkiewijn; good thing Cois opened the pub for a wake-em-up-em, and I'm looking forward to when he gets the 4x2 route going there. The visit to Agterkliphoogtewynmakery; very good sweet, I think it was a Jeripico? And not a bad red, especially the second bottle around the fire that evening!

The route over the mountain I thought was just right. A bit of a test, but nothing to kill the bakkies (or the Tupperware!) Lots of fun playing in the sand pit - and the Tupperware was the only one to (almost) get through. Will have to practice a bit before the next trip, and remember to take my pump.

The walk up the kloof and hearing from oom Danie about the pieknieks they've had there. Always amazing finding such beautiful rock pools in a rugged, dry mountain area.

The braai the evening, and the opportunity to compare notes about the day, and chat some more to Derik and oom Danie about the goings on in the Agterkliphoogte area. Just one thing - did you HAVE to publish a picture of MY bakkie stuck in the sand? (At least one cannot see the registration number - I'd never live it down.) As I said - I'm practicing for next time!

Thanks again, doen so voort en groetnis, tot volgende keer.

Merryck

8 November 2000

Beste Braham

Ek en my gesin het die Zevenfontein Roete en die uitkamp terdeë geniet - daarvoor wil ons vir jou bedank en veral ook vir Derik en Anchen wat so baie moeite gedoen het. Hulle gasvryheid was wonderlik en ons het gou tuis gevoel. Die ‘vrou se hand’ is duidelik te bespeur by die ablusieskerm.

Groetnis

Anton de Lange

18 Desember 2000

Beste Braham

Die uitrit Zevenfontein toe was heel lekker. Ek moet sê ek was by die sandbult na die stompebrug nogal skrikkerig dat die Sani nie opgewasse sou wees vir die takie nie maar hy het homself daarna heel goed gedra. Ongelukkig het ek running boards [excaliburs] op wat die voertuig baie laag maak en dit het bietjie gepla. Maar die outing was heerlik en die swem in die bergpoel en braai daarna onder die bome was hoogtepunte. Derik was wonderlik gasvry en dit het baie bygedra tot ‘n genotvolle dag. All in all was die outing baie lekker en moet beslis herhaal word.

Groete Francois Conradie

click to go back to 4X2click to go to top of pageclick to go to home pagecontact us

HOME | TOURS | ACCOMMODATION | ADVENTURE | TEAM BUILDING | CORPORATE EVENTS
TOURISM OFFICES | NEWS | WHY SOUTH AFRICA? | GUEST BOOK | AFRIKAANSE REISSTORIES
PHOTO ALBUM | ABOUT US | CONTACT US
4X2 ROUTES