HOME | TOURS | ACCOMMODATION | ADVENTURE | TEAM BUILDING | CORPORATE EVENTS
TOURISM OFFICES | NEWS | WHY SOUTH AFRICA? | GUEST BOOK | AFRIKAANSE REISSTORIES
PHOTO ALBUM | ABOUT US | CONTACT US
4X2 ROUTES

Climbing over rock bankCrossing water

deur Braham van Zyl

DIE Sederberg se Biedouw vallei is reeds goed bekend vir sy blommeprag wat iedere lente daar kop uitsteek. Met dié dat die blomme die afgelope paar jaar maar swakkerig was, en die besoekersgetalle redelik opgedroog het, moes die mense daar rond ander maniere vind om mense daarheen te trek.

Barry Lubbe van die plaas Mertenhof vertel dat die idee van 'n 4x4 roete van Anton Boshoff van Base Camp gekom het. Coenie Moll van Cederberg 4X4 het ook gaan kyk en die roete is gebore. Ek het ook 'n draai daar gaan maak en was dadelik oortuig dat ons dieselfde roete met die 4x2's van die agterkant af sou kon ry. Ek en Barry het begin planne maak en dit net daar die Biedouw roete gedoop.

Die beste van daardie roete is dat dit oral bestaande ou plaaspaadjies volg. Synde in die Cederberg, kan besoekers beslis iets besonders verwag as hulle daarheen gaan. 'n Paar van ons is dan ook so 'n rukkie gelede met ons 4x2 ewenaarslot rygoed daarheen om te gaan kyk of ons daar sou kon ry.

Ons is sommer kort na die wegtrek deur 'n droë waterlopie en by 'n paar tradisionele ou Cederberg rietdak skaapwagtershuise verby. Net daarna het ons die eerste klipbanke teëgekom en moes ons die "diff-lock" knoppies druk om ons oor die kliptrappies te help. Ons rygoed is heelhuids daaroor, en so ook aan die anderkant tussen die renosterbosse af na die rivierloop toe, waar ons eers by 'n diep watergat uitgespan het.

Sandy road

Steep decline

Dat daardie waterpoele in die somertyd 'n ou goed gaan verfris vir die res van die roete is seker. Vandaar is ons oor nog meer klipbanke en deur 'n sterkerige stroompie verder die vallei af. Van die Biedouw Jeugkamp af het die sand ons ingewag.

Ek het iewers daar in die sandspoor effens eenkant toe gekyk en toe ek weer sien was ek die spoor uit, in die veld in met my ryding se neus wat terug kyk vanwaar ons gekom het. Dit het heelwat vernuf en hulp van die ander gekos om uit dié penarie te kom, maar kort-voor-lank was ons weer op die spoor.

Dit is duidelik dat daardie sand in die somertyd wanneer dit goed los sal wees sommer vir ure se pret gaan sorg en dat die 4x2 ryers hulle maar vir vassit kan regmaak. Daardie vassit is mos deel van die pret, want dis daar waar jy moet begin bande afblaas en planne maak hoe jy daar gaan deurkom. Ek sal egter aanraai dat die ouens wat so effens skrikkerig is vir die sand en ook vir die steilte wat daarna nog wag, by die jeugkamp moet terugdraai hardepad toe.

Die laaste stukkie sweet het kort voor die plaaswerf gewag. Ek was voor en toe ek weer sien staan my ryding se neus teen 'n lelike steil afdraend af. Vir my was dit amper iets soos daardie gevreesde Wupperthal 4x4 roete se afte; net heelwat korter. Ons het hoeka vroeër die middag oor die plaasradio gehoor hoedat Kobus Bosman 'n hele paar maal moes loop aanhaal om met sy 4X4 Mazda daar uit te kom.

Van omdraai was daar egter geen sprake nie, want my ryding was reeds met sy agterwêreld omhoog. Niks wat ek probeer het, kon sy agterwiele laat vasklou om my weer daar uit te trek nie. Daar was net een uitweg, en dit was vorentoe, al wou ek ook hoe graag omdraai. Ek moes maar net voetjie-vir-voetjie daar af. Was dit nie vir my jarelange veldryondervinding nie, sou my moed my sekerlik daar begewe het.

View from peak

Die ander het gevolg en na wat soos 'n ewigheid gevoel het, was almal onder. Die laaste 200 meter huis toe was speletjies. Ons kon nie gou genoeg die stoep en die sonsondergang gaan opsoek nie. Daardie aand is daar ou stories om die vuur gesels deur die klomp "rofies" wat vir die eerste keer hulle 4X2's in die veld gehad het.

Dat hierdie sommer 'n uitsoek 4X2 roete is waaroor die hele familie tevrede sal wees, is seker. Die uiteindelike roete sal welliswaar nie oral gaan waar die 4x4's sal gaan nie, maar daar is oorgenoeg uitdagings vir beide die ouens wat nog nooit voorheen in die veld gery het nie en vir diémet baie ondervinding.

Sondagoggend vroeg is 'n paar van ons die steiltes uit om die son te gaan dagsê van een van die bergpieke af. Ons gaste was haastig om weer in die Kaap te kom en na ons gegroet het is ek en Barry daarvandaan verder die berge in om nog roetes te gaan soek. Daaroor gesels ons egter op 'n ander dag.

Besprekings vir hierdie Biedouw 4X2 roete kan by tel 021 975-6531 gedoen word. Onthou, daar is netjiese kamers met beddegoed beskikbaar, 'n goed toegeruste kombuis en groot sitkamer. Vir die kampeerders is daar kampeerplekke met warm storte en spoeltoilette. Dit alles is tot jou beskiking indien jy wil gaan seker maak of daardie 4x2 ewenaarslot bakkie van jou rêrig in die veld ook kan ry.

click to go back to 4X2click to go to top of pageclick to go to home pagecontact us

Die Biedouwvallei is reeds goed bekend by blomkykers. Daar is egter veel meer as net plate lenteblome in goeie reënjare. Ons wil juis gaan om daardie onbekende te gaan soek. Die blomme sal 'n bonus wees. Vra maar vir dié wat verlede jaar saam was.

Die roete wat ons ry bestaan uit 'n hele netwerk van plaaspaadjies. Die meeste daarvan is in g'n jare gery nie. Op een plek klim ons 'n berg uit, om van daar bo af oor die Cederberg en die Karoo uit te kyk.

Van bo af moet ons weer onder kom. Onder by die Biedouwrivier aangekom, wag daar nog 'n paar verrassings. Dit is waar daar nog 'n hele paar sandkolle is waar van ons sekerlik sal vassit. Bring dus 'n ordentlike pomp saam, want ons gaan wiele moet afblaas. Kyk sommer na daardie domkrag ook. Sorg dat hy in 'n werkende toestand is. Soos gesê, is dit ou plaaspaadjies waarop ons gaan ry. Barry Lubbe, die eienaar, vertel dat sy pa vroeër jare met 'n Volkswagen kombi daarlangs gery het om sy boerdery in die afgeleë deel van hulle plaas te gaan bekyk. Ons hedendaagse 4X2's kan sekerlik nie slegter doen nie.

ALGEMENE INLIGTING

BRANDSTOF: Maak vol in Clanwilliam. Die Biedouw is sowat 54 km vanaf Clanwilliam en die veldroete sowat 30 km.

BESPREKINGSKOSTES: R250 / voertuig

KAMPERINGSGELD: R23 / persoon tot en met R70 vir ‘n gesin van vier of meer.

BLYPLEK IN PLAASHUIS: R75 / volwassene; R20 / kind (bring eie matrasse en beddegoed)

FASILITEITE: Kampplekke met storte en toilette by plaashuis.

8 kamers met dubbel of enkelbeddens is in die plaashuis beskikbaar.
Beddegoed word in plaashuis voorsien, maar geen handdoeke nie. Kombuis, eet /sitkamer en twee badkamers in plaashuis.

Daar is ook ander blyplekke in en om Clanwilliam. Bel die inligtingskantoor by (027) 482-2024 om meer daaroor uit te vind. Vrydagaand se kampfooi by die dam moet u self betaal.

EKSTRA: Hout is te koop teen R10 per bondel.

BETALING: Besprekings word bevestig na die betaling van die deposito. Betaal asb SLEGS  R114 / voertuig by ons bank in. Die balans kan aan die gids by die byeenkoms betaal word.

BANK BESONDERHEDE: Eerste Nationale Bank, Tak: 201410, Tygerberg, Rekening: “Eksplor SA”,  nommer 6 200 2568098

Faks betalingsbewys en vrywaringsvorm na (021) 975-4466.

Vir bespreking en meer inligting, kontak: Tel: 021-975 6531  Faks: 021-975 4466  e-pos: info@explore-sa.com

click to go back to 4X2click to go to top of pageclick to go to home pagecontact us

The Biedouw Valley is well known for its spring flower displays. What is more of a secret is that the valley has many more gems to be discovered. The Biedouw 4x2 /4x4 route itself follows a system of old farm tracks. The first section follows a steep well maintained road to the top of a mountain. Coming down on a two tract trail is another cup of tea.

Down in the Heuningvlei River valley a few more surprises are waiting. Here, the trail winds its way past beautiful rock formations and through sandy patches where some of us will definitely get stuck. Make sure that your car's air pump and jack are in good working order. For those who are worried about their vehicle's ability to manage this route: the owner told me that his father used to do his farming rounds along this tract in his specially converted VW combi. Our modern day vehicles can surely do better.

General information:

Fuel: Fill up in Clanwilliam. The Biedouw Valley is about 54 km from Clanwilliam. The route itself is about 30 km long.

Booking fees: R250 / vehicle

Camping fees: R23 / person up to R70 for a family of 4 or more

Farmhouse: R70 / adult (bed and bedding) R20 / child (own mattress and bedding)

Facilities: Camping site with own ablution at farmhouse.

8 rooms (with double or single beds) in farmhouse. Bedding supplied in farmhouse. Bring your own towels.

Kitchen, dining-room / lounge and two bathrooms in farmhouse.

Contact the local information office at (027) 482-2024 for information on other accommodation in the area.

Extras: Fire wood is available at R10 per bundle.

Payment: Bookings will only be confirmed after the payment of a deposit. Please pay ONLY R114 / vehicle into our bank account. The balance can be paid to the guide at the meeting.

Bank details: First National Bank; Branch: 201410, Tygerberg; Account: “Eksplôr SA”, number 6 200 2568098

Please fax your proof of payment as well as the indemnity form to (021) 975-4466.

FOR BOOKINGS, contact Braham van Zyl at tel 021 975-6531 or e-mail at info@explore-sa.com

click to go back to 4X2click to go to top of pageclick to go to home pagecontact us