| deur
Pieter Conradie Baanbrekerswerk is deur Braham van Zyl en Derik
Prins gedoen met die uitleg en bekendstelling van die Zewefontein 4x2 roete in die
Agterkliphoogte vallei in Robertson se distrik. Die opening van die roete op 2 September
2000 het groot belangstelling gelok. Selfs MotorBurger het die vorige Donderdag vier
spesiale blaaie oor hierdie nuwe sportsoort gepubliseer.
Braham
het sy idee om ook roetes vir ligter 4x4's en bakkies met ewenaarslotte te skep n
ruk terug met Derik gedeel. Derik het lank reeds n idee gehad om n 4X4 roete
daar by hulle te open en hierdie geselsie met Braham was net waarvoor hy gewag het. Hy het
dadelik begin om 'n roete oor sy plaas uit te lê. Die raad van 'n 4x4-klub is ingewin en
die roete is geklassifiseer as 'n 1 tot 2 gradering.
Derik
is trots op sy plan om ou vergete plaaspaadjies skoon te maak deur slegs n groot
buiteband agter 'n trekker te sleep en sodoende die ouer, harder renosterbossies plat te
sleep, terwyl die jonger sagter bossies bly staan om die grond te bind. Op hierdie manier
word die omgewing minimaal versteur. Een deel van die roete volg hoeka die ou Kaapse wapad
wat van McGregor af oor die berge na Villiersdorp se kant geloop het.
Daar was n wye verskeidenheid
voertuie vir die opening teenwoordig. Ek was daar met 'n Honda CRV om te kyk hoe só
n kleiner 4X4 op Sewefontein se roete sou vaar. Ander voertuie wat daar teenwoordig
was, was die hoër geboude Toyotas en Colts en Izuzu en Nissan se effens lae bakkies.
Braham het met n omboude Toyota HiAce bussie daar opgedaag, en dié het, behalwe vir
die sand, oral deurgekom, tot selfs waar van die ander bakkies vasgehaak het.
Ons is gelei deur oom Danie de Wet, n
plaaslike boer wie ons op die hoogte gehou het van wat alles daar by hulle in die vallei
gedoen word. Hy het natuurlik in sy splinternuwe 4x4 Colt voor gery, maar belowe dat hy
die heeltyd net in 4x2 sou ry. Dit is tog net jammer dat hy nie ook saam met die ander
deur die moddergat wou ry nie. Waar hy rustig deur dongas kon ry, het heelwat van die
minder ervare bestuurders se voertuie vasgesteek. Hier was dit groot pret om te help raad
gee en soms te stoot ook!
Die roete gee 'n mooi beeld van die veld en
daar is pragtige vergesigte oor die Agterkliphoogte vallei van die hoogtes af. Op een plek
stap die besoekers 'n ent die bergkloof in tot by 'n opgaardam vanwaar hulle kan uitkyk
oor die berge met hulle pragtige rotsformasies.
'n Hoogtepunt vir almal, was die uittoets van die voertuie in 'n sandgat, waar net
oom Danie nie vasgeval het nie! Tot groot vermaak van die vrouegeselskap moes die mans
omtrent stoot om elke voertuig uit te kry, terwyl daar luidkeels raad geskreeu was vir die
bestuurders. Braham het so deeglik gaan vasgeval dat hy genoeg geleentheid gekry het om sy
wonderlike hooglig domkrag te kon demonstreer, ook te midde van baie advies! Die rede vir
die vasvallery; niemand wou bande afblaas nie, want ons ouens het mos nog nie daardie
wonderlike pompe wat die 4X4 manne het om na die tyd weer lug in die bande te kry nie.
Die
groep was bevoorreg om na die tyd saam met Derik en sy gesin in 'n beskutte bos te kon
braai waar die dag se wedervaringe goed deurgesels is.
Die platteland is deur hierdie
uitstappie oop gemaak vir mense wat gewoonweg net op groot paaie hou. Die ontdekking van
die Agterkliphoogte kelder, waar ons heerlike wyne geproe en teen uiters billike pryse kon
koop, was miskien een van die grootste verrassings van die dag. 'n Mens kan net vertrou
dat die besoek van die 4x2 groep ook vir die lieflike boeremense positief was, sodat nog
stadsjapies so 'n voorreg mag smaak.
Ons het die Saterdagaand na die byeenkoms
by Green Gables te McGregor oorgeslaap, en wat n lekker ervaring was dit
nie! Die kos is uit die boonste rakke en die plek mooi uit die ou tyd. Die gasheer en
gasvrou het baie moeite gedoen om ons kuier persoonlik en warm te maak. Teen R130 /
persoon vir bed en ontbyt is dit n winskoop. Die volgende dag het ons via Stormsvlei
na Greyton gegaan vir n heerlike middagete by die Post House. Dit was n
pragtige pragtige pad daarheen, met die mooiste groen velde en helder geel canola lande
oral om ons! Met sneeu op die berge en die nat, modderige pad, was dit die soort van
terrein waarna ons en ons Honda CR-V lankal verlang het.
Besprekings vir die Zewefontein roete kan
gedoen word by tel (021) 975-6531. n Minimum van twee voertuie word toegelaat, omdat
daar verskeie plekke is waar daar hulp nodig mag wees om deur te kom. Wie langer wil
kuier, kan natuurlik oorbly. Ons het hoeka dié dag net die helfte van Zewefontein se
roetes kon doen. Op Zewefontein is n boskamp met koue sort en putlatrine, terwyl
daar selfsorg huisies op naburige plase beskikbaar is.
TOP OF PAGE
Beste Braham,
Daar is Saterdagaand na die Zewenfontein 4X2 rit baie gesels op
pad huis toe. Gister en vanoggend was daar heelwat herlewinge/ nabetragtings opgediep, en
gaan daar vorentoe nog baie gesels en herlewing wees.
Julle roete en die aanbieding daarvan het ons stoutste
verwagtings oortref. Ek wou nog altyd my bakkie op 'n ordentlike manier gaan knoop, en nou
sien ek uit na die volgende keer. Jou leiding en hantering van die groep tesame met oom
Danie en Derik se gasvryheid het ons maar net weer laat besef ons is deel van 'n
wonderlike ou volkie en land, waar ons ons eie besonderse en unieke mense en natuur kan.
Nou. 'n Ander uitstaande kenmerk was ook die gewilligheid om
mekaar te help wanneer daar 'n probleem was. Ook die goedige gespottery onder die klomp
vreemdes het die atmosfeer gou-gou in 'n groep wat wou saam kuier verander.
Van die os op die jas, ek het nou gister eers weer goed onder
die Nissan gaan lê en gaan kyk waarmee ek gelukkig is en wat nie. Ook al my statistieke
en eienskappe. Die nuwe 4x2 Colt en Toyota modelle het eers so drie maande na ek my Nissan
gekoop het uitgekom. Die verskil in vryhoogte asook die "departure/approach"
hoeke verskil aansienlik van myne. Colt en Toyota het dit dieselfde gehou vir hulle 4x4 en
4x2's waar Nissan en Isuzu se 4x2's laer is met laer hoeke as hul 4x4 maatjies. Ek het
vanoggend 'n epos vir Nissan gestuur om te hoor wat kan gedoen word. Ek het 'n 100,000 km
/ 5 jaar onderhoudsplan tesame met my waarborg uitgeneem en wil nie sommer enige
modifikasies laat aanbring sonder hul goedkeuring nie. Dan wil ek ook van daardie bande
wat nie "balloon" as mens hul afblaas nie, ontslae raak.
Groete en weereens baie dankie, dit was heerlik!
Eddie Lambrechts
TOP OF PAGE
Hi
Braham
Just a quick note of thanks for a great
day on the Zevenfontein route. It was thrilling being part of the 4x2 inauguration!
Since getting the 4x2, Ive been
looking for an opportunity to go play with some friends, and some folk with similar
vehicles. One does not want to go into serious bush with a fairly new bakkie. One does not
want to travel to a 4x4 venue, only to discover that the 4x2 cannot make it. One also does
not want to embarrass oneself by going on a 4x4 outing, and then have to be pulled out of
trouble and irritate the 4x4 folk. Imagine my excitement when I saw your advert in Die
Burger for a 4x2 outing!
Some of the highlights:
Breakfast at Rawsonvilles
Kelkiewijn; good thing Cois opened the pub for a wake-em-up-em, and Im looking
forward to when he gets the 4x2 route going there. The visit to Agterkliphoogte Cellar;
very good sweet, I think it was a Jeripico. And not a bad red, especially the second
bottle around the fire that evening!
The route over the mountain I thought
was just right. A bit of a test, but nothing to kill the bakkies (or the Tupperware!
read C-RV)
Lots of fun playing in the sand pit -
and the Tupperware was the only one to (almost) get through. Will have to practice a bit
before the next trip, and remember to take my pump.
The walk up the kloof and hearing from
oom Danie about the pieknieks theyve had there. Always amazing finding such
beautiful rock pools in a rugged, dry mountain area.
The braai the evening, and the
opportunity to compare notes about the day, and chat some more to Derik and oom Danie
about the goings on in the Agterkliphoogte area.
Just one thing - did you HAVE to
publish a picture of MY bakkie stuck in the sand? (At least one cannot see the
registration number - Id never live it down.) As I said - Im practicing for
next time!
Thanks again, doen so voort en groetnis
tot volgende keer.
Merryck Snyman
TOP OF PAGE
Hi Braham
Just a quick note of thanks for a great
day on the Sewefontein route. It was thrilling being part of the 4x2 inauguration!
Since getting the 4x2, I've been
looking for an opportunity to go play with some friends, and some folk with similar
vehicles. One does not want to go into serious bush with a fairly new bakkie. One does not
want to travel to a 4x4 venue, only to discover that the 4x2 cannot make it. One also does
not want to embarrass oneself by going on a 4x4 outing, and then have to be pulled out of
trouble and irritate the 4x4 folk. Imagine my excitement when I saw your advert in Die
Burger for a 4x2 outing!
Some of the highlights:
Breakfast at Kelkiewijn; good thing
Cois opened the pub for a wake-em-up-em, and I'm looking forward to when he gets the 4x2
route going there. The visit to Agterkliphoogtewynmakery; very good sweet, I think it was
a Jeripico? And not a bad red, especially the second bottle around the fire that evening!
The route over the mountain I thought
was just right. A bit of a test, but nothing to kill the bakkies (or the Tupperware!) Lots
of fun playing in the sand pit - and the Tupperware was the only one to (almost) get
through. Will have to practice a bit before the next trip, and remember to take my pump.
The walk up the kloof and hearing from
oom Danie about the pieknieks they've had there. Always amazing finding such beautiful
rock pools in a rugged, dry mountain area.
The braai the evening, and the
opportunity to compare notes about the day, and chat some more to Derik and oom Danie
about the goings on in the Agterkliphoogte area. Just one thing - did you HAVE to publish
a picture of MY bakkie stuck in the sand? (At least one cannot see the registration number
- I'd never live it down.) As I said - I'm practicing for next time!
Thanks again, doen so voort en
groetnis, tot volgende keer.
Merryck
8 November 2000
TOP OF PAGE
Beste Braham
Ek en my gesin het
die Zevenfontein Roete en die uitkamp terdeë geniet - daarvoor wil ons vir jou bedank en
veral ook vir Derik en Anchen wat so baie moeite gedoen het. Hulle gasvryheid was
wonderlik en ons het gou tuis gevoel. Die vrou se hand is duidelik te bespeur
by die ablusieskerm.
Groetnis
Anton de Lange
18 Desember 2000
TOP OF PAGE
Beste Braham
Die uitrit
Zevenfontein toe was heel lekker. Ek moet sê ek was by die sandbult na die stompebrug
nogal skrikkerig dat die Sani nie opgewasse sou wees vir die takie nie maar hy het homself
daarna heel goed gedra. Ongelukkig het ek running boards [excaliburs] op wat die
voertuig baie laag maak en dit het bietjie gepla. Maar die outing was heerlik en
die swem in die bergpoel en braai daarna onder die bome was hoogtepunte. Derik was
wonderlik gasvry en dit het baie bygedra tot n genotvolle dag. All in all was
die outing baie lekker en moet beslis herhaal word.
Groete Francois Conradie |