Die reservaat word gekenmerk deur asemrowende rotsformasies en
uitsigte wat uniek is aan dié deel van Afrika. 'n Besonderse wye verskeidenheid fauna en
flora, waarvan sommige as hoogs bedreigd geklassifiseer word, word ook hier gevind.
Besoekers aan die
gebied sal sien dat daar n noue verwantskap is tussen die Kagga Kamma Swartrug
rotsformasies en dié van die Sederberge. Dit is baie dieselfde rooi-bruin verweerde
sandsteen en droeër planttipe wat as droë bergfynbos beskryf word, wat by albei
voorkom. Die omgewing is hoofsaaklik boomloos en struikplante met interessante plaaslike
name is oorheersend.
Die omgewing het
n ryk kulturele nalatenskap met vele rotstekeninge wat tot so oud as 6000 jaar is,
wat oor die reservaat verspreid is. n Groepie Boesmans wat 12 jaar gelede op die
reservaat hervestig is, maak n bestaan deur handwerk aan besoekers te verkoop.
Op 'n helder dag is die
uitsig oor die uitgestrekte vlaktes van die Ceres-Karoo en die bergtoppe en valleie van
die Sederberge asemrowend. Kyk vir fyner besonderhede en jy sal sommige van die baie
skaars reptiele en voëls wat uniek is aan dié area sien, insluitende die Rooi Adder. In
sekere areas sal jy ook sekerlik wild sien, van die klein Steenbok tot die massiewe Eland.
As jy gelukkig is kan jy selfs 'n Rooikat of die sku Luiperd sien.
Vanaf die middel van
Augustus tot middel November sal jy normaalweg baie blomme in die reservaat vind, 'n
paradys vir botanici en natuur-liefhebbers. Somermaande (Desember tot einde Februarie) mag
baie warm wees met min of geen skaduwee. Wintermaande (Junie - Augustus) wissel van
gemiddeld tot baie koud met ryp en selfs sneeu op hoogliggende dele.
Die veldryroete is meer
as 100km lank indien alle sirkelroetes gevolg word. Normaalwag sal jy nie al die roetes
tydens een besoek kan ry nie. Een nag se oorbly op Kagga Kamma is dus voldoende as jy
Kagga Kamma wil ervaar.
Besoek ook hul webblad www.kaggakamma.co.za vir nog meer inligting oor
die reservaat. |